Opsoek Na Die Beste Skool Vir Jou Kleuter?

Paradiso bied al vir die afgelope 22-jaar uitstekende onderrig aan George se kleinvolk. Daar word geleer, gelag, gespeel en lekker voedsame kos geëet. As jou kind klaar is met Paradiso kan jy met ‘n geruste hart weet dat hulle gereed is vir die grootskool.

Paradiso Kleuters Is Gelukkige Kleuters

Ons akkommodeer kleinvolk vanaf 4 maande tot 5 jariges in klein klassies waar hul individuele aandag kan kry. Paradiso is sentraal geleë in Meadestraat, naby die middedorp en verskeie laerskole.

Die 4- en 5 jariges volg ‘n geregistreerde opvoedkundige program en hul juffrouens is gekwalifiseerde onderwyseresse. Alhoewel ons peuters nie formele onderrig kry nie, word hul elke dag opvoedkundig besig gehou en werk ons aan verskeie vaardighede.

Ingesluit By Die Skoolfooie

icons8-healthy-eating-500

Gesonde Etes

icons8-laptop-500

Rekenaarklasse

icons8-basketball-player-500

Buitelugspele

Gee Jou Kind Die Beste Geleentheid Om Te Leer en Te Groei

Ek dink al die ouers wie se kinders in Paradiso was, sal met my saamstem dat dit een van die beste skole vir die kleinspan is. Jackie en haar span is fantasties met die kinders.

– Z. Beukes

My dogtertjie was net so oor die 2 jaar daar – beste besluit ooit. Die kinders is so gelukkig daar en die voorbereiding vir grootskool is fantasties!

– N. van der Watt

My seuntjie is deur Jackie van Paradiso se hande en my dogtertjie is nog daar. Dis n uitstekende skooltjie waar kinders regte sorg en individuele aandag kan geniet.

– E. Mouton

My dogter is nou 25 en sy praat nog steeds van haar Paradiso skooltjie, wonderlike mense.

– S. Oosthuizen

Paradiso het klein klassies en die kinders word op ‘n wonderlike versorg. Baie goeie roetine, kossies en baie netjiese perseel.

– M. Muller van Niekerk

Uitstekende skooltjie. My seun is nou vir sy tweede jaar daar en is super gelukkig!

– S. Terblanche Bouwer

of skakel 076 256 2269